GOOD sê kritiek op Palestynse vlugtelings is onvanpas

Loading player...
Die GOOD Party sê dis totaal onvanpas van Suid-Afrika om diè wat die onverwagte aankoms van 153 Palestyne verlede week in land gereël het, te kritiseer. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die vlug wat die vlugtelinge vervoer het, was deel van 'n duidelike agenda om Palestyne uit Gaza en die Wesbank te verwyder. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die Israelse regering het 'n slinkse bose plan beraam om mense vir hul eie gedwonge verskuiwing te laat betaal:
20 Nov 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-goewerneur teken ooreenkomste vir jeugbemagtiging

Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM 1 min

Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE

COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa…
8 Dec 10AM 1 min

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min