Regter kritiseer Mogotsi oor verontagsaming van sy eed

Loading player...
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, het die polisie-informant Brown Mogotsi skerp gekritiseer nadat hy erken het hy het onder eed gelieg. Mogotsi het in 'n vals beëdigde verklaring teenoor 'n polisiebeampte beweer hy het in die polisie-ministerie gewerk om 'n geheime operasie te ondersteun. Madlanga sê sy getuienis toon minagting vir die waarheid. Hy voer aan misleiding was deel van Mogotsi se werk, maar in hierdie geval verwerp hy alle regverdiging daarvoor:
20 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-goewerneur teken ooreenkomste vir jeugbemagtiging

Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM 1 min

Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE

COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa…
8 Dec 10AM 1 min

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min

Gratis tersiêre onderwys nou ook by private instellings

Die onderwysdepartment het aangekondig dat die kabinet goedgekeur het dat gratis tersiêre onderwys uitgebrei word na private instellings. Onderwysminister Sanet Steenkamp verduidelik wat volgende jaar se gratis onderwys gaan insluit. Nie-onderwysbehoeftes sal steeds deur lenings van die nasionale studentehulpfonds, Nsfaf, befonds word. Steenkamp is aan die woord.
8 Dec 9AM 1 min