Groep wat ACC-arrestasies probeer keer ook in die sop

Loading player...
Die Teenkorrupsie-kommissie belowe vinnige optrede in Keetmanshoop, nadat inwoners die Karas-streeksraad se kantore bestorm het om die inhegtenisneming van twee raadslede op korrupsieklagte te keer. Die kommissie se direkteur-generaal Paulus Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat diegene wat ingemeng het, self in hegtenis geneem sal word, nadat die dramatiese ingryping die raadsvoorsitter Joseph Isaacks en raadslid Jeremia Goeëman toegelaat het om weg te sluip terwyl hulle reeds in wettige aanhouding was.
20 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-goewerneur teken ooreenkomste vir jeugbemagtiging

Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM 1 min

Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE

COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa…
8 Dec 10AM 1 min

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min

Gratis tersiêre onderwys nou ook by private instellings

Die onderwysdepartment het aangekondig dat die kabinet goedgekeur het dat gratis tersiêre onderwys uitgebrei word na private instellings. Onderwysminister Sanet Steenkamp verduidelik wat volgende jaar se gratis onderwys gaan insluit. Nie-onderwysbehoeftes sal steeds deur lenings van die nasionale studentehulpfonds, Nsfaf, befonds word. Steenkamp is aan die woord.
8 Dec 9AM 1 min