Woord vir Vandag - 4 Des 2025

Loading player...
“…wees altyd gou om te luister...” Jakobus 1:19 NLV

Word ‘n beter luisteraar

Wanneer jy die tyd neem om na iemand anders te luister, gee jy nie net vir hulle ‘n geskenk nie, maar ook een vir jouself. Dr Juli Slattery merk op: ‘Almal is tot goeie luisteraars aangetrokke. Miskien is die kragtigste manier om die evangelie te deel, jou huwelik te red en vriende te maak, deur werklik te luister. Ons voel geliefd wanneer mense die tyd neem om na ons storie te luister en insiggewende vrae te vra. Hier is drie maniere om ‘n beter luisteraar te word: 1) Wees nuuskierig. Elke persoon wat jy ontmoet, is interessant. Oppervlakkig gesproke praat hulle dalk oor iets waarvoor jy nie omgee nie, maar daar is iewers ‘n interessante storie as jy die tyd neem om daarvoor te delf. Vir my is die eerste stap om aandagtig te luister en iets te vind om oor nuuskierig te wees. Na ‘n huwelik van 20 jaar wil ek steeds nuuskierig oor my man wees. Ek wil weet wat God hom leer, waarna hy uitsien en wat hom vandag laat lag het. 2) Behou oogkontak. Ons kyk na iemand se oë om te bepaal of hulle aandagtig luister. Ons betoon respek aan ons kinders, eggenote, vriende en selfs vreemdelinge wanneer ons met aandag op hulle fokus. 3) Gaan verder as die woorde wat jy hoor. Ons kommunikeer slegs ‘n gedeelte van dit wat ons wil uitdruk deur woorde. Die res word deur lyftaal, stemtoon en selfs stilte uitgedruk.’ ‘Dit is net ‘n dom mens wat dink dat hy alleen reg is, wat dink dat hy alleen oor die waarheid beskik. ‘n Wyse mens luister graag na ander se raad’ (Spreuke 12:15 DB). Jy mag dalk van die klank van jou eie stem hou, maar jy word wys deur te leer om te luister.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min