Woord vir Vandag - 9 Des 2025
Loading player...
“…julle [moet] mekaar in liefde koester…” Romeine 12:10 NLV
Versterk jou huwelik (2)
Hier is nog vyf verhoudingslesse deur Jon Gordon: ‘1) Hoe liewer ek my vrou het, hoe liewer is ek vir die lewe. Dit gaan nie oor wat sy vir my doen nie. Dit gaan daaroor om die besluit te neem om onselfsugtig te wees, haar lief te hê, haar te dien en daar vir haar te wees. Wanneer ek dit doen, word ons albei beter. 2) Moedig aan in plaas van meeding. Baie paartjies raak jaloers wanneer hul eggenoot sukses geniet, eerder as om hulle aan te moedig. Wanneer julle mekaar ondersteun en aanmoedig, groei julle individueel en versterk julle jul span. 3) Moenie opgee nie. Soms is die huwelik wonderlik; soms nie. Te veel mense gee op en dink die gras is elders groener. Dit is nie. Plant jouself, koester julle verhouding, belê tyd en energie in jou eggenoot en julle sal groei tot wie julle bedoel is om te wees. Die huwelik is waar julle leer om te gee, te neem en kompromieë aan te gaan, waar julle aan julle individuele probleme werk en saam genesing vind. 4) Deel ‘n missie. Ek en my vrou het gevoel dat ons missie is om kampioene groot te maak wat ‘n verskil in die wêreld sal maak. Ons is nie perfekte ouers nie, ons het foute gemaak, maar ons missie het ons geïnspireer om ons beste te gee - veral die afgelope jaar met twee tieners in die huis. 5) Nooi God in jou huwelik in. Jare gelede, toe ons ‘n moeilike tyd beleef het, het iemand vir my vertel hoe hy en sy vrou elke aand saam bid. Ek het God gevra wat ons gebed moet wees. Sedertdien het ons dit elke aand gebid. Dit het ‘n verskil gemaak wat tot vergifnis, genesing en groei lei.