Woord vir Vandag - 10 Des 2025

Loading player...
“…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.” 1 Samuel 16:7 NLV

Karakter is wat saak maak

Hier is ‘n beskrywing van Saul, Israel se eerste koning: ‘…Saul was baie aantreklik, meer as enigiemand anders in Israel…’ (1 Samuel 9:2 NLV). Sy voorkoms kon egter nie vir sy gebrek aan karakter vergoed nie en hy het voortydig in skaamte en nederlaag gesterf. Toe Samuel, die profeet, na Isai se huis toe gegaan het om een van sy seuns as Israel se volgende koning te salf, het God gesê: ‘…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.’ Baie jare gelede is ‘n seun in Rusland gebore wat homself so lelik geag het, dat hy seker was dat daar geen geluk vir hom in die lewe sou wees nie. Hy het gekla oor die feit dat hy ‘n wye neus, dik lippe, klein grys oë en groot hande en voete gehad het. Hy was so ontsteld oor sy voorkoms dat hy God gevra het vir ‘n wonderwerk om hom in ‘n aantreklike man te verander. Hy het belowe dat as God dit sou doen, Hy Hom alles sou gee wat hy besit. Daardie seun was Leo Tolstoi, wat een van die wêreld se voorste skrywers geword het. Hy is veral vir sy epiese boek, War and Peace, bekend. In sy boeke erken hy dat hy deur die jare ontdek het dat die skoonheid en fisiese voorkoms wat hy eens begeer het, nie die enigste skoonheid in die lewe is nie - en dat dit nie die beste soort skoonheid is nie. In plaas daarvan het Tolstoi besef dat die skoonheid van ‘n sterk karakter die beste in God se oë is. Karakter is nie ‘n kwessie van geld of voorkoms nie, maar om te doen wat reg is en op te staan vir dit wat reg is, ongeag geld of voorkoms.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min