Woord vir Vandag - 11 Des 2025

Loading player...
“…Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’” Handelinge 20:35 NLV

Help die armes

Toe die Britse Eerste Minister, William Gladstone, een van die grootste krisisse van sy politieke lewe in die gesig gestaar het, het hy een oggend om twee-uur gaan sit om die toespraak te skryf wat hy gehoop het hom sou help om die volgende dag ‘n politieke oorwinning in die Parlement te behaal. Kort daarna het die moeder van ‘n sterwende kind die lig in sy huis sien brand en aan sy deur geklop. Sy het hom gevra om ‘n boodskap van hoop en bemoediging aan haar seun te bring. Sonder aarseling het Gladstone sy halfvoltooide toespraak op sy lessenaar gelos, die res van die nag saam met die kind deurgebring en hom na Christus gelei voordat hy gesterf het. Toe die oggendlig begin breek, het hy teruggegaan na sy studeerkamer en sy eie dag met ‘n glimlag van vertroue, vrede en krag aangepak. Hy het later daardie oggend vir ‘n vriend gesê: ‘Ek is vandag die gelukkigste man in die wêreld.’ Toe hy gevra is hoekom, het hy geantwoord dat hy die vorige aand toegelaat is om ‘n kind in die naam van sy Meester te dien. Later daardie dag het Gladstone die toespraak, wat baie as die grootste toespraak van sy lewe beskou het, gelewer. Gladstone se saak het geseëvier. Was die twee gebeure verwant? Gladstone was oortuig daarvan. Voor Paulus die leiers van die kerk in Efese vir die laaste keer verlaat het, het hy vir hulle gesê: ‘In alles het ek vir julle ‘n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min