Woord vir Vandag - 16 Des 2025

Loading player...
“...Hy het ‘n diepe deernis vir hulle gevoel en hulle siekes gesond gemaak.” Matteus 14:14 NLV

Bid vir God om jou te genees

As jy wonder: ‘Hoe kan ek seker wees dat God gewillig is om my gesond te maak?’ lees dan die volgende: ‘’n Melaatse man het na Hom toe gekom, voor Hom gekniel en Hom gesmeek met die woorde: ‘As U wil, kan U my gesond maak.’ Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: ‘Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!’ Net daar het die melaatsheid verdwyn – die man was gesond… Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring…’ (Markus 1:40-42, 45 NLV). Nie net is God gewillig om ons te genees nie, Hy reageer met deernis op ons siekte en lyding. ‘Toe Jesus dit hoor, het Hy in ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n afgeleë plek om alleen te wees. Maar die skare het dit uitgevind en vanuit hulle dorpe oorland agter Hom aan gekom. Toe Jesus uit die skuit klim, sien Hy dat daar reeds ‘n massa mense bymekaar was. Hy het ‘n diepe deernis vir hulle gevoel en hulle siekes gesond gemaak’ (Matteus 14:13-14 NLV). ‘Twee blindes wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus daarlangs verbygaan. Hulle roep toe aanhoudend: ‘Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!’… Jesus het gaan staan en hulle laat roep. ‘Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?’ vra Hy vir hulle. Hulle het gesê: ‘Here, ons wil sien!’ Daarop het Jesus hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien, en hulle het agter Hom aan gegaan’ (Matteus 20:30, 32-34 NLV). Het Christus se krag afgeneem? Nee. Het Hy vandag minder medelye teenoor sy verloste kinders as wat Hy destyds vir die menigte gehad het? Nee. Kom dus met vertroue na Hom toe, bid en glo Hom vir jou genesing.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min