Woord vir Vandag - 20 Des 2025

Loading player...
“Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm.” Psalm 91:11 NLV

Engele waak oor jou

‘n Universiteitsprofessor het een keer ‘n groep studente na China vergesel. ‘n Paar dae na die aanvang van die reis het die professor ondenkbare maagpyn begin ervaar en is per ambulans na ‘n plaaslike kliniek gehaas. Dit was ‘n klein dorpie en die mediese personeellid in beheer van die kliniek het besef dat die professor se blindederm gebars het. Gif het deur sy hele liggaam versprei, maar aangesien daar geen chirurg by die kliniek was nie, was daar nie veel wat hulle vir hom kon doen nie. Die professor het stuiptrekkings begin kry en sy bewussyn begin verloor. Terug by die huis in Amerika het die professor se pa, ‘n pastoor, tydens ‘n kerkdiens ‘n buitengewone besorgdheid oor sy seun begin voel. Hy het vir die gemeente gesê: ‘Ons moet gou stop en vir my seun bid. Iets is verkeerd.’ Dit was twee-uur die oggend in China toe een van die bekendste chirurge in die land die kliniek skielik binnestap - die einste chirurg wat saam met die Amerikaanse president reis wanneer hy China besoek. Die personeel was verbaas om hom te sien. ‘Ek is hier om na die Amerikaner om te sien,’ het die chirurg gesê. Hy het die operasie op die professor uitgevoer en sy lewe gered. Die volgende dag het die chirurg vir die professor gevra: ‘Wie is daardie twee mans wat jy gister na my kantoor gestuur het?’ Die professor het geantwoord: ‘Ek het niemand na jou gestuur nie. Ek ken niemand hier in China nie.’ Die chirurg het gesê: ‘Dis vreemd, want hulle het gesê jy is ‘n baie belangrike persoon en dat ek hiernatoe moet kom om jou te opereer.’ God se Woord sê: ‘Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm.’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min