Woord vir Vandag - 23 Des 2025

Loading player...
“Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig… God [het ons] saam met Hom ‘n sitplek in die hemel gegee.” Efesiërs 2:4,6 NLV

Sit by Jesus!

Dr Donald Grey Barnhouse was vir baie jare die pastoor by Philadelphia se Tiende Presbiteriaanse Kerk. Een Sondagoggend was ‘n twaalfjarige seun in die gemeente verstom nadat hy hom oor die lengte en breedte en diepte van God se wonderlike genade hoor praat het. Barnhouse het sy preek afgesluit deur baie van die groot beloftes uit die Skrif in een indrukwekkende sin op te som: ‘Ons sondes is vergewe, vergeet, gereinig, bedek, soos ‘n dik wolk uitgewis, so ver as die ooste van die weste verwyderd en agter God geplaas.’ Aan die einde van die diens, toe Barnhouse na agter gaan om die mense te groet, het die seun hom genader, aan sy mou getrek en gesê: ‘Goeie preek, Dokter! Ons gaan eendag lekker langs Jesus sit, nè?’ God het ‘in Christus’ ‘n verlossende wonderwerk vir ons deur sy Seun verrig (sien Romeine 8:1; 1 Korintiërs 1:2; 15:22; 2 Korintiërs 5:17; Efesiërs 2:6-13). Die woord ‘in’ verseker ons dat net soos ons natuurlike geboorte ons in Adam, ons voorvader, geplaas het, so het God ons by die wedergeboorte doelbewus en presies in Jesus, ons Verlosser, geplaas. Dink daaroor: ‘Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefhet, is so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het… Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ‘n sitplek in die hemel gegee (Efesiërs 2:4-6 NLV). Ons gaan in die hemel so nou met Jesus vereenselwig wees, dat ons onafskeidbaar en ewig een met Hom gaan wees! Wat ‘n wonderlike gedagte!
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min