Woord vir Vandag - 25 Des 2025

Loading player...
“En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Lukas 2:12 NLV

Vervulling van ‘n Kerswens

Met sy aankoms by die kerk een Kersoggend het 'n pastoor stilgehou om die Kersfees geboortetoneel te bewonder. Die figure, liefdevol aanmekaargesit, was op 'n klein verhoog uitgestal... herders... wyse manne... diere... en in die middel, die Heilige gesin. Toe merk hy op dat die krip leeg was; die baba Jesus was vermis! Nadat hy die kerk deursoek het, het hy die mede-pastoor en die ouderlinge gebel, maar hulle het niks geweet nie. Die baba was duidelik gesteel. Hy het die diefstal plegtig by sy gemeente aangemeld, teleurgesteld om te dink dat een van hulle dalk betrokke was. "As die baba teen die einde van die dag terugbesorg word, sal daar geen vrae gevra word nie," het hy gesê. Maar die krip het die hele dag leeg gebly, en daardie middag, swaarmoedig en mismoedig, het die pastoor 'n entjie deur die winterstrate gestap. Voor hom het hy die sesjarige Tommy opgemerk, toegedraai teen die koue, waar hy 'n helderrooi wa rondsleep. Bewus van die feit dat Tommy se familie finansieel gesukkel het, was die pastoor geraak deur hul opoffering en het hy vinnig tot by Tommy gestap om hom ‘n geseënde Kersfees toe te wens en sy blink nuwe wa te kon bewonder. Toe hy nader kom, het hy egter opgemerk dat die wa nie leeg was nie – binne, toegedraai met 'n kombers teen die koue, het die baba Jesus gelê! Die pastoor het langs Tommy gehurk. Hy was maar net 'n klein seuntjie, maar oud genoeg om te weet dat steel verkeerd was. Terwyl die pastoor dit so aan Tommy verduidelik het, het die kind se oë vol trane geword. “Maar pastoor,” het die seuntjie geantwoord, “ek het nie vir Jesus gesteel nie. Dit was glad nie so nie. Ek vra Hom al baie lank vir 'n nuwe rooi waentjie vir Kersfees – en ek het belowe as ek een kry, sal ek Hom op die eerste rit neem.”
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min