Woord vir Vandag - 27 Des 2025

Loading player...
“en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.” Romeine 11:29 NLV

Is jy verward oor jou roeping? (1)

Indien jy jou roeping bevraagteken, identifiseer die skrywer Diane Paddison twee denkpatrone wat jou gedagtes mag saboteer. 1) Dit gaan alles oor jou. Jou roeping gaan nie oor selfvervulling nie; dit gaan daaroor om jou aan God se wil te onderwerp. Baie mense ervaar bevrediging deur hulle God-gegewe gawes uit te oefen. Dis egter ‘n resultaat van God se wil, nie die doelwit nie. Om God se wil te onderskei, moet jy deur gebed en Bybelstudie jou verhouding met Hom ontwikkel. Jy moet ook verhoudings met jou eweknieë en mentors ontwikkel wat vir jou sal bid en die waarheid in jou lewe sal spreek. 2) As dit ongemaklik is, is dit nie jou roeping nie. Om te weet wat jy veronderstel is om te doen, is dikwels net die begin van ‘n lang, veeleisende reis. Moses se roeping het nie vir hom baie wonderlik gelyk nie. Wat was sy reaksie daarop? ‘Wie is ek dat ek moet gaan?’ Hy het God bevraagteken, maar God het geantwoord: ‘Ek sal by jou wees.’ Tog het Moses aanhou vra: ‘Maar wat as hulle my nie glo nie?’ Selfs toe God hom van wonderbaarlike tekens voorsien het, was dit nie goed genoeg nie. Hy het weer gestry: ‘Maar ek kan nie goed praat nie.’ Moses was duidelik ongemaklik met die taak waarvoor God hom geroep het. Moses het alles probeer om God te oortuig dat hy die verkeerde man vir die werk was. Toe dit nie werk nie, het hy God gevra om iemand anders te stuur! (sien Eksodus 4). Kan jy jouself met Moses vereenselwig? Indien wel, hou die volgende in gedagte: Ongemak beteken nie outomaties dat jy op die verkeerde pad is nie. Die waarheid is dat ongemak gewoonlik groei vooruitgaan.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min