Woord vir Vandag - 28 Des 2025

Loading player...
“Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!” 1 Tessalonisense 5:24 NLV

Is jy verward oor jou roeping? (2)

Wanneer dit by jou lewensroeping kom, is hier nog twee mites wat jou kan saboteer: 1) Wanneer jy die verkeerde keuse maak, kan jy op een of ander manier God se wil dwarsboom. Jy hoef nie hieroor bekommerd te wees nie. Die Bybel sê vir ons: ‘Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!’ Dis altyd prysenswaardig om die beste besluit wat jy kan, te probeer neem. Die feit bly egter staan dat jy op ‘n punt gaan moet kom waar jy ‘n keuse gaan moet maak. Geen keuse wat jy maak is buite God se beheer nie. Selfs al weet jy nie waarheen die pad wat jy gekies het gaan lei nie, kan jy in die versekering rus dat: ‘…God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). 2) Jou roeping staan vas. Om jou roeping te vind is nie iets wat jy noodwendig een of twee keer in jou lewe doen nie Dis nie iets wat jy van ‘n lysie kan afmerk en aanbeweeg nie. Die lewe van ‘n Christen is ‘n deurlopende proses waarin jy jou roeping ontdek. Net omdat God jou op ‘n spesifieke tyd vir ‘n spesifieke doel geroep het, beteken nie dat sy planne vir jou nie sal verander nie. Wie weet wat die volgende fase van jou lewe gaan inhou? Elkeen se roeping lyk uniek en elke hoofstuk van jou lewe sal ‘n nuwe proses van onderskeiding meebring. Die belangrikste is om te onthou dat God in beheer is, dat Hy jou liefhet en dat dit sy wil is om jou altyd nader aan Hom te bring.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min