
Kan Donald Trump se narratief na die G20-beraad, verander word?
Loading player...
Jannie Pelser en gaste, Dr Oscar van Heerden, Prof Hein Willemse en Prof Christo van der Rheede gesels in vandag se Perspektief oor die opwinding en euforie van die G20 wat nou agter ons lê. Intussen leef mnr Trump voort met die narratief van ’n sogenaamde volksmoord in Suid-Afrika en grootskaalse eiendomsvervreemding. Kan hierdie narratief verander word? Wie behoort dit te doen, en sal dit enigsins ’n verskil maak?





