
Voorstel oor SA se minimumloon verwelkom
Loading player...
Die vakverbond Cosatu verwelkom die voorstel dat die nasionale minimum loon volgende jaar met 1,5-persent bo die inflasiekoers styg. Dit sal beteken dat die huidige 28 Suid-Afrikaanse rand en 79-sent per uur in 2026 die 30 rand-kerf verbysteek. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die verhoging sal verligting bring vir 5,5-miljoen werkers in die landbou-, konstruksie-, kleinhandel en skoonmaak-sektore wat die minimum loon verdien:

