Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop word werklikheid

Loading player...
Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop beweeg van visie na werklikheid, gelei deur projekleiers professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Die projek op die plaas Göllschau, sowat 120km wes van Windhoek, langs die gevestigde HESS-sterrewag, het 'n kritieke fase betree. Die omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop sal 'n 14-meter-skottel hê en as 'n enkelskottel-instrument funksioneer. Dit sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk, om 'n virtuele Aarde-grootte teleskoop te vorm. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering is op die terrein en het met Duvenhage gepraat, wat die opwindende projek verduidelik.
12 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis kleinboere wat rooshout, kiaat uitroei - ekoloog

Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is…
12 Dec 9AM 1 min

Lucas Muha herverkies as Nasionale Raad-voorsitter

Lucas Muha is terug aan die stuur van sake by die Nasionale Raad, en sal die sewende raad lei nadat hy ook die sesde voorsitter was. Elke streek word verteenwoordig deur drie raadslede, verkies in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Swapo se Emma Muteka tree in as adjunkvoorsitter…
12 Dec 9AM 1 min

NNN prys Nasionale Jeugdiens se programme

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend die 16de Nasionale Jeugdiens se uitpasseringsparade by die Rietfontien-opleidingsentrum in Grootfontein gelei. Altesaam 1 036 leerlinge sal van basiese opleiding na die volgende fases van die Nasionale Jeugdiens se driefaseprogram oorgaan en voorberei om hul gemeenskappe te dien. Nandi-Ndaitwah het die werk wat deur die…
12 Dec 8AM 1 min

Williston kry droogtehulp van Saai, AfriForum

Williston in die Boesmanland-streek van die Noord-Kaap, worstel steeds met 'n erge droogte, terwyl swaar reën oor dele van Suid-Afrika geval het. AfriForum en Saai het 12-ton voer aangekoop om die boere te help. Tarien Cook van AfriForum bepleit regeringsingryping en openbare steun, en waarsku plase, gemeenskappe, skole en inkomste…
12 Dec 8AM 1 min

OR Tambo-grensbeheer onderskep Ethiopiërs, Bangladesjis

Die Grensbestuursowerheid het hierdie week twee belangrike onderskeppings by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gemaak. In die eerste voorval is 14 Ethiopiese burgers met aankoms onderskep, nadat 'n ontleding van passasierbesonderhede hul bewegingspatroon as verdag uitgewys het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê in nog 'n voorval…
12 Dec 7AM 1 min