
Dis kleinboere wat rooshout, kiaat uitroei - ekoloog
Loading player...
Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is Savannah Environmental Consultants Services en die proponent is Nondunge Brands and Investment. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat wat sê die eintlike probleem lê by boere wat die bome uitroei.

