Petrofund stel talentdatabasis bekend vir olie en gas

Loading player...
Daar is 'n nuwe hupstoot vir Namibiërs wat die petroleumsektor wil betree. Petrofund het PetroConnect bekendgestel, 'n moderne CV- en talentdatabasis wat plaaslike professionele persone met geleenthede in die olie- en gasbedryf verbind. Die platform, wat nou op Petrofund se webwerf beskikbaar is, is daarop gemik om plaaslike inhoudontwikkeling te versnel en die land se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi:
12 Dec 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ry versigtig op nat paaie, maan MVA

Terwyl swaar reën deur 'n groot deel van die land voortduur, doen die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die fonds waarsku dat nat, gladde oppervlaktes en stygende watervlakke gevaarlike rytoestande skep, veral naby waterdeurdrenkte gebiede en rivierkruisings. Motoriste word daaraan herinner…
12 Dec 10AM 1 min

Een dood, vele vasgekeer toe KZN-tempel ineenstort

Een persoon is dood, en verskeie ander is vasgekeer nadat 'n vierverdiepingtempel wat in aanbou is in Redcliffe, noord van Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Die presiese aantal mense wat vasgekeer is, is onbekend. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila, sê rampbestuur en gespesialiseerde…
12 Dec 10AM 1 min

Dis kleinboere wat rooshout, kiaat uitroei - ekoloog

Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is…
12 Dec 9AM 1 min

Lucas Muha herverkies as Nasionale Raad-voorsitter

Lucas Muha is terug aan die stuur van sake by die Nasionale Raad, en sal die sewende raad lei nadat hy ook die sesde voorsitter was. Elke streek word verteenwoordig deur drie raadslede, verkies in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Swapo se Emma Muteka tree in as adjunkvoorsitter…
12 Dec 9AM 1 min

NNN prys Nasionale Jeugdiens se programme

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend die 16de Nasionale Jeugdiens se uitpasseringsparade by die Rietfontien-opleidingsentrum in Grootfontein gelei. Altesaam 1 036 leerlinge sal van basiese opleiding na die volgende fases van die Nasionale Jeugdiens se driefaseprogram oorgaan en voorberei om hul gemeenskappe te dien. Nandi-Ndaitwah het die werk wat deur die…
12 Dec 8AM 1 min