Ry versigtig op nat paaie, maan MVA

Loading player...
Terwyl swaar reën deur 'n groot deel van die land voortduur, doen die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die fonds waarsku dat nat, gladde oppervlaktes en stygende watervlakke gevaarlike rytoestande skep, veral naby waterdeurdrenkte gebiede en rivierkruisings. Motoriste word daaraan herinner om nooit deur vloeiende water te ry nie, maak nie saak hoe vlak dit lyk nie. Fondswoordvoerder John Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Curro-omskepping na raming in Maart afgehandel

Laat in 2025 het die Jannie Mouton-stigting, gelei deur die Suid-Afrikaanse miljardêr Jannie Mouton, 'n suksesvolle bod van 7,2 miljard Suid-Afrikaanse rand ontvang om Curro Holdings te verkry, met die doel om die winsgewende privaatskoolgroep in 'n niewinsgewende entiteit te omskep. Colette Rieckert, die uitvoerende hoof van Curro Namibië, het…
16 Feb 10AM 1 min

Alcaraz sê daar's nog swakpunte in sy spel

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, sê hy het hy steeds swakpunte in sy spel ondanks sy vele suksesse. Die 22-jarige Spanjaard, wat verlede maand sy loopbaan-Grand Slam voltooi het deur die Australiese Ope te wen, speel dié week in die Katarse Ope in Doha. Alcaraz, wat sy veldtog môre teen…
16 Feb 10AM 1 min

Mej. Namibië-kroning vanjaar op Gobabis

Die Mej. Namibië-organisasie het die Mej. Namibië-kompetisie amptelik van stapel gestuur, met Gobabis wat die gasheerdorp van vanjaar se kroningsgeleentheid sal wees. Datums vir die geleentheid moet nog aangekondig word. Die nasionale direkteur van die organisasie, Beaulah Boois-Beukes, sê ontwikkeling op alle vlakke moet inklusief wees, en bygevoeg dat die…
16 Feb 9AM 1 min

Speenkalwers na SA sal uitdagings ervaar oor BKS: Saai-baas

Die buurland se regering sal die verspreiding van bek-en-klouseer-entstof versnel om die uitbreking te bekamp en biosekerheid te verskerp om vee en boere te beskerm. Die regering sê hy wil die hele nasionale kudde van 14-miljoen inent waarvoor hy ongeveer 28-miljoen entstofdosisse nodig het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
16 Feb 9AM 1 min