Namibië bevestig omgewingsvriendlike ekonomiese modelle

Loading player...
Meer as 170 lande is in Kenia byeen by die VN se Omgewingsvergadering en die lynminister Indileni Daniel is ook teenworodig. Sy sê Namibië se visie vir 'n sirkulêre ekonomie gaan verder as net afvalbestuur na industrialisering en ekologiese herstel. Daniel sê dat hierdie model plaaslike waardetoevoeging prioritiseer.
15 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vakbonde se invloed in mynbedryf in gevaar

Die parlementêre komitee oor arbeidsverhoudinge sê daar is toenemende spanning in Namibië se mynbousektor as gevolg van die opkoms van korttermynkontrakteurs en arbeidshuurstelsels wat vakbondverteenwoordiging verswak. Komiteevoorsitter Justina Jonas sê in verskeie myne oortref subkontrakteurs nou permanente personeel, wat vakbonde van erkenningsooreenkomste en selfs vrywillige skeidingsgesprekke verwyder. Jonas het vanoggend…
16 Feb 7AM 1 min

Ekonoom louwarm oor Cyril se staatsrede

Skeptisisme volg op Suid-Afrika se jongste Staatsrede. Beleggingsekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy was weereens nie beïndruk met president Cyril Ramaphosa se toespraak nie en het dit beskryf as 'n herhaling van ou retoriek. Klopper sê baie van die toespraak het gefokus op dekades van regeringsmislukkings…
16 Feb 7AM 1 min

NNN was baie betrokke by AU-beraad, veral water en sanitasie

Die leiers van die Afrika-unie het die 39ste gewone beraad afgesluit met die aanvaarding van belangrike besluite en hervormings om institusionele doeltreffendheid en finansiële volhoubaarheid te versterk en kontinentale ontwikkeling te versnel. Die hervormingsagenda poog om die strukture van die Afrika-unie te stroomlyn en die afhanklikheid van eksterne befondsing te…
16 Feb 5AM 1 min

Suid-Soedan onder die loep by die AU-beraad

President Cyril Ramaphosa sê die keuses wat in die komende maande gemaak word, sal bepaal of Suid-Soedan na blywende vrede beweeg of terugkeer na onbestendigheid. Hy het gister die Afrika-unie se Ad hoc-hoëvlakkomitee vir die Suid-Soedan C5 Plus-beraad in Addis Abeba, Ethiopië, toegespreek. Suid-Soedan, die wêreld se jongste nasie, gaan…
16 Feb 5AM 1 min

Eerste Heer doen beroep vir aandag op die lot van die seun

Eerste Heer Epaphras Ndaitwah het 'n beroep gedoen op groter aandag aan die lot van die seun, en dit as 'n sentrale prioriteit van sy ampstermyn by die Kantoor van die Eerste Eggenoot en 'n kritieke pilaar vir Afrika se langtermyn stabiliteit verklaar. Ndaitwah het die 30ste Gewone Algemene Vergadering…
16 Feb 5AM 1 min