
Daar's dalk weer zama zamas ondergronds vasgekeer
Loading player...
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het kommer uitgespreek dat onwettige mynwerkers moontlik in Bapong, Noordwes, vasgekeer is nadat grond ingekalwe het. Ná ʼn besoek deur Natjoints-lede en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is minstens elf onwettige mynwerkers vasgetrek en beslag gelê op tien masjiengrawe. Masemola sê wetstoepassers moet weekliks inspeksie doen. Hy sê inwoners en operateurs moet regulasies nakom terwyl owerhede inspeksies en nakomingsmaatreëls verskerp:

