Sake-visums verdien N$1,5m vanjaar

Loading player...
Die Namibiese Konvensieburo het sedert vanjaar 1 186 vergaderings, aansporingsgeleenthede, konferensies en uitstallings, of MICE-visumaansoeke, gefasiliteer, met 978 visums wat uitgereik is en byna 1,5 miljoen Namibiese dollar in inkomste gegenereer het. Catherine Shipushu, die woordvoerder van die Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie geleenthede beduidende voordele vir plaaslike besighede inhou.
17 Dec 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril betreur skendings van SA se naam

President Cyril Ramaphosa sê dit is kommerwekkend dat daar diegene, binne en buite die land, is wat hul uiterste bes doen om 'n vals prentjie van die Suid-Afrikaanse omgewing te skets. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer tydens die nasionale herdenking van Versoeningsdag by die Ncome Museum in KwaZulu-Natal. Ramaphosa…
17 Dec 2AM 1 min

Withuis staan bankvas agter Wiles na 'daardie' onderhoud

Die Withuis-stafhoof, Susie Wiles, het opslae gemaak vir 'n reeks openhartige kommentare wat in Vanity Fair gepubliseer is. Sy het president Donald Trump beskryf as ‘n mans met grenslose vertroue, die persoonlikheid van ‘n alkoholis en iemand wat wraak neem en vergelding soek. Sy het ook, onder andere, gesê visepresident…
17 Dec 2AM 1 min

Daar's dalk weer zama zamas ondergronds vasgekeer

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het kommer uitgespreek dat onwettige mynwerkers moontlik in Bapong, Noordwes, vasgekeer is nadat grond ingekalwe het. Ná ʼn besoek deur Natjoints-lede en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is minstens elf onwettige mynwerkers vasgetrek en beslag gelê op tien masjiengrawe. Masemola sê wetstoepassers moet weekliks inspeksie doen…
17 Dec 1AM 1 min

Bafana wen 1-0 teen Ghana, Broos onbeïndruk

Bafana Bafana het in ʼn vriendskaplike wedstryd op die Dobsonville-stadion in Soweto ʼn 1-0-sege teen Ghana behaal. Dit was die Suid-Afrikaners se laaste kragmeting voor die span na Marokko vertrek vir die Afrikabekertoernooi wat vandag begin. Sipho Mbule het die wedstryd se enigste doel in die 57ste minuut behaal. Afrigter…
17 Dec 12AM 1 min

Nick Reiner word op twee klagte van moord aangekla

Die kantoor van die Los Angeles-distriksprokureur het Nick Reiner aangekla van twee gevalle van moord met spesiale omstandighede wat verband hou met die dood van sy ouers. Die Hollywood-regisseur Rob Reiner en sy vrou, Michele, is Sondag in hul huis in Brentwood, Kalifornië, met talle steekwonde dood aangetref. LA se…
17 Dec 12AM 1 min