Versigtig met jou kinders tydens die vakansie

Loading player...
Die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders waarsku ouers om hierdie feestyd waaksaam te bly. Die kliniese direkteur, Shaheda Omar, sê kinders is nie altyd veiliger by die huis nie omdat hulle gewoonlik misbruik word deur mense wat hulle ken. Omar sê alkohol, minder toesig en sosiale geleenthede skep gevare. Sy waarsku ouers om kinders heeltyd in die oog te hou en nooit hul waaksaamheid te verslap nie:
17 Dec 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

UDM aanvaar Broos se verskoning maar kla hom steeds

Die UDM het Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos se verskoning vir rassistiese en seksistiese opmerkings aanvaar, maar gaan voort met sy klag by die Menseregtekommissie. Broos het verskoning gevra vir opmerkings wat hy oor ‘n speler Mbokazi en agent gemaak het nadat hulle laat opgedaag het vir die Afrikabeker-oefenkamp. Die UDM…
17 Dec 5AM 1 min

Imran Khan se seuns het groot kommer oor hulle pa

Die oud-Pakistanse premier Imran Khan se seuns het groot kommer oor sy welstand terwyl hy tronkstraf in sy geboorteland dien. Luidens die hofbevel moet sy familie elke Dinsdag toegang tot hom kry maar, dit gebeur nie. Die voormalige leier is tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is in 'n…
17 Dec 5AM 1 min

Koop noodsaaklike goedere eerste, Januarie-salaris moet hou

Terwyl feestelike besteding landwyd toeneem, bou finansiële druk stilweg op vir Januarie. Skooluniforms, skoene en skryfbehoeftes is reeds in ouers se gedagtes. Standard Bank Namibië sê besluite wat in Desember geneem word, kan bepaal of gesinne die nuwe jaar voorbereid begin, of onder ernstige finansiële druk verkeer. Standard Bank-woordvoerder Elzita…
17 Dec 5AM 1 min

SA se inflasie-teiken raak Namibië, help om syfer te anker

Suid-Afrika se verwagte inflasiekoers vir 2026 het gedaal tot 3,8 persent, 'n 25-jaarlaagtepunt sedert 'n laer 3 persent-inflasieteiken aangekondig is. 'n Kwartaallikse opname in opdrag van die Reserwebank het die gemiddelde voorspelling vir 2027 op 3,7 persent aangedui. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen, wat…
17 Dec 5AM 1 min