Kaapstad-burgemeester skuif blaam vir gevaar op N2: GOOD-party

Loading player...
Die GOOD-party sê Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se pogings om verantwoordelikheid vir geweldsmisdade op die N2 op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap te plaas, is misleidend en teenstrydig. In die jongste voorval is ʼn 64-jarige afgetrede onderwyseres van Bloemfontein doodgesteek toe sy en haar man van die Kaapstad Internasionale Lughawe weggery het. GOOD-woordvoerder Siyabulela Mamkeli sê die deel van die N2 tussen die lughawe en die middestad word nie deur Sanral onderhou nie:
17 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LAC vier heel eerste Regskampioen-toekennings

Die Regshulpsentrum het sy heel eerste Regskampioen-toekennings aangebied, wat individue en instellings erken wie se bydraes toegang tot geregtigheid en menseregtebeskerming regoor Namibië versterk het. Die eerbewyse het gegaan aan Cronjé Incorporated en sosiale media-voorstander Gelda Waterboer. Die sentrum se direkteur Toni Hancox het meer:
17 Dec 9AM 1 min

Olie-beleggers soek duidelikheid, of hulle loop: Thieme

Royale Wealth Management het met die uitvoerende hoof van Olthaver en List, Sven Thieme gepraat oor Namibië se opkomende olie- en gasvooruitsigte en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Hulle bespreek die risiko om fokus te verloor op wat werklik saak maak vir langtermynbeleggings. Thieme gee 'n duidelike beeld van wat…
17 Dec 9AM 1 min

Uitstaande NamWater-skuld bedreig watertoevoer

NamWater se uitstaande skuld het 2,8 miljard Namibiese dollar bereik, met dorpsrade wat vir die meeste daarvan verantwoordelik is. Sedert Februarie het die skuld met 16 persent vermeeerder. NamWater het die geld nodig vir die instandhouding en ontwikkeling van infrastruktuur. Die woordvoerder van Namwater, Lot Ndamanomhata het meer.
17 Dec 9AM 1 min

Visseryministerie verlaag toelaatbare maasbanker-vangs

Die visseryeministerie sê dat hy in 'n gevorderde stadium is van die implementering van die Visserye Telkaart, wat na verwagting in 2026 uitgerol sal word. Minister Inge Zaamwani het verduidelik dat die telkaart daarop gemik is om 'n deursigtige stelsel te vestig om streng byvangsbeheermaatreëls te monitor. Sy het ook…
17 Dec 8AM 1 min

Ingestorte Redcliffe-tempel amptelik 'n misdaadtoneel

Die instorting van die Redcliffe-tempel in eThekwini, KwaZulu-Natal, is amptelik tot 'n misdaadtoneel verklaar. Vyf mense is dood. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê vroeë ondersoeke toon ernstige foute, insluitend onbelynde strukture, geen goedgekeurde bouplanne of permitte nie, en tekens dat die gebou sonder sertifisering gebruik…
17 Dec 8AM 1 min