
Ingestorte Redcliffe-tempel amptelik 'n misdaadtoneel
Loading player...
Die instorting van die Redcliffe-tempel in eThekwini, KwaZulu-Natal, is amptelik tot 'n misdaadtoneel verklaar. Vyf mense is dood. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê vroeë ondersoeke toon ernstige foute, insluitend onbelynde strukture, geen goedgekeurde bouplanne of permitte nie, en tekens dat die gebou sonder sertifisering gebruik is. Hy sê die terrein sal aan die Departement van Indiensneming en Arbeid oorhandig word vir verdere ondersoek:

