
Olie-beleggers soek duidelikheid, of hulle loop: Thieme
Loading player...
Royale Wealth Management het met die uitvoerende hoof van Olthaver en List, Sven Thieme gepraat oor Namibië se opkomende olie- en gasvooruitsigte en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Hulle bespreek die risiko om fokus te verloor op wat werklik saak maak vir langtermynbeleggings. Thieme gee 'n duidelike beeld van wat dit sal verg om die geleenthede te ontsluit.

