Woord vir Vandag - 4 Jan 2026

Loading player...
Sondag 4 Januarie
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer…” 2 Timoteus 3:16 NLV
Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (3)
Miskien wonder jy of die Bybel werklik deur God geïnspireer is en of dit waar, betroubaar en onfeilbaar is. Die antwoord is ja, en hier is drie redes waarom dit so is: 1) Dit is merkwaardig saamgestel. Dit is oor sestien eeue deur veertig verskillende skrywers saamgestel, insluitend soldate, herders, boere en vissermanne. Dit is deur Moses in Arabië begin en deur Johannes op die eiland Patmos voltooi. Dit is deur konings in paleise, herders in tente en gevangenes in die tronk geskryf. Sou veertig skrywers, grotendeels onbekend aan mekaar, wat drie verskillende tale praat en in verskillende lande bly, wat deur ongeveer 1 600 jaar geskei word, ‘n boek met een enkele tema kon produseer? Dit sou onmoontlik wees, tensy hulle deur een gedagte en een ontwerper geïnspireer is (sien 2 Petrus 1:21). 2) Dit is merkwaardig hoe bestendig dit is. Daar is in die geskiedenis meer eksemplare van die Bybel as enige ander boek gedruk. Bybels is deur regerings verbrand en deur howe verban, maar God se Woord bly voortbestaan. Die doodsklok is al honderd keer gelui, maar God se Woord duur voort (sien Jesaja 40:8). 3) Dit bevat merkwaardige profesieë. Die Bybel bevat meer as 300 vervulde profesieë oor Christus se lewe, wat almal ten minste 400 jaar voor sy geboorte geskryf is. Wat is die kans? Stel jou voor dat iets soortgelyks vandag gebeur. As ons ‘n boek sou vind wat in die jaar 1900 geskryf is en wat twee wêreldoorloë, ‘n finansiële depressie, ‘n atoombom en die sluipmoorde op ‘n president en ‘n burgerregteleier voorspel het, sou ons dit nie vertrou nie? Ons sou. Jy kan dus hierdie woorde glo: ‘Die hele Skrif is deur God geïnspireer.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min