Woord vir Vandag - 14 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 14 Januarie
“Die liefde is geduldig en vriendelik… [en] stel nie sy eie belange voorop nie…” 1 Korintiërs 13:4-5 NLV
Onselfsugtigheid – die geheim tot ‘n gelukkige huwelik
Kom ons begin met drie kort stories wat die uitdaging om ‘n sterk en gelukkige huwelik te bou, uitspel. Eerste storie: ‘n Man het ‘n paartjie dopgehou en vir sy vrou gesê: ‘Kyk na hulle, hulle lyk so gelukkig.’ Sy het gesê: ‘Moenie so seker wees nie, hulle sê waarskynlik dieselfde van ons.’ Tweede storie: ‘’n Vrou het eenkeer gesê: ‘My man en ek het ‘n baie gelukkige huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sou doen nie en daar is niks wat hy nie vir my sou doen nie. So gaan ons deur die lewe deur niks vir mekaar te doen nie.’ Derde storie: ‘n Man het vir sy vriend gesê: ‘My vrou en ek het besluit om nooit kwaad te gaan slaap nie.’ Sy vriend het gevra: ‘En? Hoe werk dit vir julle?’ Hy het geantwoord: ‘Ons het ‘n maand laas geslaap.’ Die grootste uitdaging in die huwelik is selfsug. Wanneer twee mense elkeen hul eie begeertes en belangstellings voorop stel, is hul verhouding op pad moeilikheid toe. Die volgende woorde is steeds God se formule vir ‘n stabiele en suksesvolle huwelik: ‘Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. Die liefde sal nooit vergaan nie… Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde – hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!’ (verse 4-8, 13 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min