Woord vir Vandag - 17 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 17 Januarie
“En as daar onderlinge stryd in ‘n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!” Markus 3:25 NLV
‘n Gebed om konflik in die gesin op te los
‘Here, u Woord sê: ‘En as daar onderlinge stryd in ‘n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!’ Satan val my familie aan en ek wend my tot U vir hulp. U Woord sê: ‘Wanneer die teëstander aanstorm soos ‘n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop’ (Jesaja 59:19 AFR83). Raak die harte en gedagtes van elke lid van hierdie familie aan en bring hulle nader aan U. U het gesê: ‘Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders’’ (Matteus 5:9 NLV). Ek verbind myself daartoe om ‘n vredemaker in hierdie situasie te wees en vra U vir die wysheid om te weet wat om te sê en te doen. Bevry my familie van selfsug, trots en bitterheid. Gee ons die soort liefde wat alle sondes en swakhede bedek (sien Spreuke 10:12). Help ons om te weet wanneer ‘n meningsverskil op die punt staan om ‘n sluis oop te maak en gee ons die genade om die saak te laat vaar voordat die rusie buite beheer raak (sien Spreuke 17:14). U Woord sê dat om ‘n geveg te vermy eerbaar is en dat net dwase rusie soek (sien Spreuke 20:3). Here, maak ‘n einde aan die twis wat verwoesting in ons familie saai. Ek neem gesag oor elke twisgierige gees. Ek vra U om my familie te help om dinge wat vrede bring en die dinge wat ons kan gebruik om mekaar op te bou en te versterk, na te streef (sien Romeine 14:19). U Woord sê dat daar niks te moeilik is vir U nie (sien Jeremia 32:17). Dus bid en glo ek vir genesing en herstel in my familie. In Jesus se Naam. Amen.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min