Woord vir Vandag - 18 Jan 2026

Loading player...
Sondag 18 Januarie
“Die een wat opreg lewe, staan vas. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ‘n val.” Spreuke 10:9 NLV
Eerlikheid is die beste beleid
Ter voorbereiding van aandete het ‘n vrou by ‘n klein slaghuis gestop om vleis vir die ete te koop. Sy het besluit om gebraaide hoender as hoofgereg te maak. Sy het die man by die toonbank vir die grootste hoender wat hy het, gevra. Hy het na die koelkamer toe geloop, die laaste hoender wat hy gehad het gegryp en dit op die toonbank se skaal geplaas. ‘Hierdie een weeg twee kilogram, mevrou.’ Die vrou het ‘n oomblik daaroor nagedink en toe gesê: ‘Ek is nie seker of dit genoeg sal wees nie. Het u nie dalk ‘n groter een nie?’ Die man het die hoender terug na die koelkamer geneem, gemaak of hy deur die ys vir nog ‘n hoender soek en toe dieselfde hoender weer uitgebring. Toe hy die hoender weer op die skaal sit, het hy skelmpies met sy vinger ‘n bietjie druk op die skaal toegepas. ‘Aha,’ het hy met ‘n glimlag gesê, ‘hierdie een weeg amper drie kilogram!’ Die vrou het gefrons, ‘n paar somme in haar kop gedoen en gesê: ‘Ek is ook nie seker of dit genoeg gaan wees nie. Ek sê jou wat - draai hulle albei vir my toe!’ Daar is geen twyfel daaroor nie - eerlikheid is die beste beleid. Dis waar van hierdie lewe, sowel as die lewe wat kom. Die Bybel sê oor hierdie lewe: ‘Die een wat opreg lewe, staan vas. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ‘n val.’ Die Bybel sê ook die volgende oor die lewe wat kom: ‘Julle moet dus nie voortydig ‘n oordeel vel voordat die Here kom nie. Hý sal sy lig laat skyn op die dinge wat in die donker verborge lê, en Hý sal die motiewe van ons harte aan die lig bring…’ (1 Korintiërs 4:5 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min