Woord vir Vandag - 19 Jan 2026

Loading player...
Maandag 19 Januarie
“Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God.” Efesiërs 2:8 NLV
Verlossing is ‘n gawe
Jack Welch, wat die General Electric-maatskappy deur van sy winsgewendste jare gelei het, het ‘n boek genaamd Winning geskryf. Hy het baie van die verskillende vrae wat mense hom gereeld gevra het en sy antwoorde daarop geneem en ‘n boek oor bestuursbeginsels geskryf. Een vraag was: ’Dink jy jy sal hemel toe gaan wanneer jy sterf?’ In reaksie hierop het Jack ‘n paar van die foute wat hy in besigheid en in die lewe gemaak het, insluitend twee egskeidings, genoem. Toe het hy gesê: ‘Dus, wat die hemel betref, wie weet? As daar egter enige punte toegeken word vir omgee oor ander mense en om alles elke dag uit die lewe te probeer put, dan dink ek dat ek dalk ‘n kans staan!’ Om hemel toe te gaan gaan egter nie daaroor om vir mense om te gee en om elke dag die lewe aan te gryp nie. Dit gaan daaroor om jou vertroue in Jesus Christus te plaas - en in Hom alleen. Miskien is dit moeiliker vir suksesvolle sakelui as vir ander mense om hierdie waarheid te verstaan, omdat hulle eie dryfkrag, visie en energie hulle gehelp het om sukses te behaal. Wanneer dit egter by die hemel kom, tel daardie eienskappe nie. Niemand verdien die hemel nie; dit is ‘n gawe. ‘Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!’ (Romeine 6:23 NLV). Hebreërs 6:4 (NLV) noem dit ‘…die wonderlikheid van God se geskenk…’ Die apostel Paulus skryf: ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie’ (Efesiërs 2:8-9 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min