Woord vir Vandag - 21 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 21 Januarie
“Daarom… moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.” 1 Tessalonisense 5:11 NLV
Bou mense op
Om iemand op te bou beteken om hulle te versterk, aan te moedig en te motiveer. Daar is waarskynlik mense in jou lewe wat tans iemand nodig het om seën oor hulle uit te spreek. Jy weet nie hoeveel dit sal beteken wanneer jy hulle jou goedkeuring gee, vir hulle sê dat jy trots is op hulle en dat jy dink hulle groot dinge kan vermag, nie. Almal het iemand nodig wat hulle kan opbou. Watter tipe sade plant jy dus in jou kinders, in jou man of vrou, in jou vriende? Glo jy in hulle? Het jy dit al vir hulle gesê? Stel jy belang om hulle lewe te probeer verbeter? Het jy na hul drome geluister? Het jy uitgevind wat hulle glo God in hul harte geplaas het? Het jy hulle al verseker dat jy by hulle staan? Dis wat ‘n opbouer doen! Henry Ford is aan Thomas Edison voorgestel as ‘die man wat probeer om ‘n motor te bou wat op petrol loop.’ Toe Edison dit hoor, het hy gesê: ‘’n Motor wat sy eie kragbron het; dis ‘n briljante idee!’ Tot op daardie stadium het niemand Ford aangemoedig nie en hy het amper besluit om sy idee te staak. Toe het Edison egter ingegryp en geloof in sy idee gehad. Dit was ‘n beslissende oomblik in Henry Ford se lewe. Hy het gesê: ‘Ek het gedink dat ek ‘n goeie idee het, maar ek het aan myself begin twyfel. Toe kom een van die grootste denkers wat ooit geleef het en gee my sy goedkeuring.’ Jy verstaan nie die mag wat jy het of hoeveel dit beteken as jy vir iemand sê: ‘Ek glo in jou. Jy het wat dit verg. Ek is 100 persent by jou,’ nie.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min