Woord vir Vandag - 22 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 22 Januarie
“…en eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV
Glo God vir groter dinge
Sommige mense dink dat ons nie veronderstel is om God vir te veel te vra nie; andersins is ons selfsugtig. God wil egter hê dat jy Hom moet vra. ‘…en eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.’ Wanneer jy nie vra nie, gee jy nie jou geloof vrye teuels nie. Jesus het gesê: ‘…Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur’ (Matteus 9:29 NLV). Jy moet leer om vrymoedige gebede te bid en van God groter dinge te verwag en te glo. ‘Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsies, die einde van die aarde as jou besitting’ (Psalm 2:8 NLV). Dis ‘n vrymoedige gebed! As God egter vir jou sê om dit te bid, is dit omdat Hy gewillig is om jou gebed te beantwoord. Jy mag dalk ‘n droom in jou hart hê, maar kan nie insien hoe dit ooit sal kan gebeur nie. Jesus het vyfduisend mense met vyf brode en twee vissies gevoed. Hy is ‘n God van vermenigvuldiging. Hy kan jou tyd vermenigvuldig en jou help om meer gedoen te kry. Hy kan jou wysheid vermenigvuldig en jou help om beter besluite te maak. Hy kan jou finansies vermenigvuldig: ‘God wat saad voorsien aan die saaier… sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei’ (2 Korintiërs 9:10 NLV). In plaas daarvan om met blote oorlewing tevrede te, wil God hê jy moet floreer. ‘n Oorlewingsmentaliteit sal jou van God se beste weerhou. Skud dit af en sê: ‘God, U het belowe dat U dit wat vir my skade sou beteken, tot my voordeel sal gebruik (sien Romeine 8:28). Ek mag dalk deur die vuur, die hongersnood en die vloed gegaan het, maar ek weet dis my tyd van guns. Dis my tyd om meer van u goedheid in my lewe te sien.’ Glo God vir groter dinge.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min