Woord vir Vandag - 23 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 23 Januarie
“Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het.” Hebreërs 10:36 NLV
Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg
In die vroeë 1950’s is Irwin W. Rosenberg, ‘n junior vlootoffisier, uit militêre diens ontslaan nadat hy met kanker gediagnoseer is – ‘n destydse standaard militêre praktyk. Die verlies van sy werk was nogal ‘n slag, maar hy was vasbeslote om beide sy gesondheid en sy werk terug te kry. Met geloof en vasberadenheid het hy die siekte wat probeer het om sy liggaam oor te neem, beveg. Op ‘n stadium is hy slegs twee weke gegee om te leef, maar uiteindelik is sy kanker onder beheer gebring. Irwin het toe sy aandag op sy begeerte om weer ‘n vlootoffisier te word, gevestig. Hy het egter ontdek dat regulasies die herindiensneming van ‘n persoon wat met kanker ontslaan is, verbied. Almal het vir Irwin gesê: ‘Gee op. Kongres sal eers ‘n nuwe wet moet maak voor jy weer in diens geneem kan word.’ Dit het hom ‘n idee gegee – hy sou Kongres nader om die wet te verander! Nadat hy maande lank aan deure geklop het en deur wetlike hoepels gespring het, het president Truman ‘n spesiale wetsontwerp onderteken wat Irwin toegelaat het om weer by die vloot aan te sluit. Raai wat het toe gebeur? Irwin W. Rosenberg het ‘n vlootadmiraal in die Verenigde State se Sewende Vloot geword! Die gesegde lui: ‘Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.’ Wanneer jy ‘n onwrikbare geloof het en jou wil in lyn met God se wil is, word alle dinge moontlik. ‘Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (verse 35-36 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min