Woord vir Vandag - 24 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 24 Januarie
“…julle is geroep om in vryheid te leef… gebruik dit om mekaar in liefde te dien.” Galasiërs 5:13 NLV
Wees lief en dien mekaar
In 1881, kort nadat Booker T. Washington die hoof van die Tuskegee Instituut in Alabama geword het, het hy verby die huis van ‘n welgestelde familie geloop. Die vrou van die huis het aangeneem dat Washington een van die tuinwerkers was wat haar man aangestel het en hom gevra of hy vir haar hout sou kap. Professor Washington het geglimlag, geknik, sy jas uitgetrek en die hout gekap. Toe hy die hout na die vrou se kombuis dra, het ‘n diensmeisie hom herken en na die vrou toe gehardloop om haar van sy identiteit te vertel. Die volgende oggend het die vrou in Washington se kantoor verskyn. Sy het oorvloedig om verskoning gevra en herhaaldelik gesê: ‘Ek het nie geweet dit is jy wat ek aan die werk gesit het nie.’ Washington het glimlaggend geantwoord: ‘Dis heeltemal in orde, mevrou. Ek hou daarvan om te werk en dit verbly my om gunste aan my vriende te bewys.’ Die vrou was so beïndruk met sy maniere en sy bereidwilligheid om te vergewe dat sy groot donasies aan die instituut gemaak het. Sy het ook baie van haar welgestelde vriende en kennisse oortuig om dieselfde te doen. Uiteindelik het Washington meer geld vir die instituut met hierdie een daad van houtkap ingesamel as baie ander fondsinsamelingsgeleenthede. Die Bybel sê: ‘…julle is geroep om in vryheid te leef… gebruik dit om mekaar in liefde te dien. Die hele wet is saamgevat in een opdrag: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’’ (verse13-14 NLV). Wat kan ons by Booker T. Washington leer? Twee dinge: 1) Elke saad van goedhartigheid wat jy saai, bring uiteindelik ‘n oes van seëninge in jou lewe mee. 2) Die manier om vooruitgang in die lewe te maak, is om ander mense lief te hê en te dien.
18 Dec English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min