Woord vir Vandag - 25 Jan 2026

Loading player...
Sondag 25 Januarie
“Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie...” Sagaria 4:10 AFR83
Begin klein en behou ‘n oorwinnende houding
Juan het in Porto Rico grootgeword, die seun van ‘n voorman by ‘n suikerrietplantasie. As een van ‘n gesin van agt het hy in ‘n driekamer-hut met ‘n grondvloer en geen toilet gewoon nie. Sy eerste werk, op sesjarige ouderdom, was om osse aan te dryf om die suikerrietlande te ploeg. Hy het agt uur per dag gewerk en een dollar verdien. Juan het gesê dit was in die suikerrietlande wat hy belangrike lesse geleer het, soos om stiptelik te wees, hard te werk en lojaal en respekvol teenoor sy werkgewers te wees. Op sewejarige ouderdom het hy werk by ‘n gholfbaan gekry. Hy moes balle vir die gholfspelers soek en hy het begin droom om self gholf te speel en genoeg geld te verdien om ‘n fiets te koop. Hoe meer hy gedroom het, hoe meer het hy gedink: ‘Hoekom nie?’ Hy het ‘n gholfstok van ‘n koejaweltak en ‘n stuk pyp gemaak en toe ‘n hamer gebruik om van ‘n leë blikkie ‘n bal te maak. Daarna het hy twee klein gaatjies in die grond gegrawe en die bal heen en weer tussen hulle geslaan. Hy het sy ‘gholf’ met dieselfde intensiteit beoefen as wat hy sy werk in die suikerrietland gedoen het en hy het goed - baie goed – daarmee geword. In sy een-en-dertig jaar as professionele gholfspeler het Juan ‘Chi Chi’ Rodríguez agt PGA-toergeleenthede en vier-en-twintig groot toernooie gewen. Hy is ook die eerste Porto-Ricaan wat in die Wêreldgholf-heldesaal opgeneem is. Wat kan ons by hom leer? Twee dinge: 1) Wees bereid om klein te begin. Die Bybel sê: ‘Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie…’ 2) Wees bereid om groot te droom, want jy dien ‘n groot God (sien Efesiërs 3:20).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min