Woord vir Vandag - 27 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 27 Januarie
“Jubel, regverdiges van die Here! Dit pas opregtes om Hom te loof.” Psalm 33:1 NLV
Maak seker om die Here te loof
Van die 150 psalms wat in die Bybel opgeteken is, is die dominante herhalende tema: ‘Loof die Here!’ Die boek is soos ‘n memo van die Psalmdigter wat sê: ‘Vandag moet julle die Here vir seker loof.’ Dawid skryf in Psalm 34: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal net in die Here roem. Die nederiges sal dit hoor en bly wees. Kom verheerlik die Here saam met my; laat ons sy Naam prys’ (Psalm 34:2-4 NLV). In Psalm 113:1-3 (NLV), skryf die Psalmdigter: ‘Prys die Here! Ja, prys Hom, dienaars van die Here. Prys die Naam van die Here! Geseënd is die Naam van die Here, nou en vir altyd. Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word.’ In Psalm 118:24 (NLV) sê die Psalmdigter: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.’ Die Psalmdigter sê in Psalm 119:164 (NLV): ‘Ek loof U sewe keer per dag…’ Uiteindelik kom ons by Psalm 150 uit, die laaste psalm in die Bybel. In vers 6, die laaste vers van die laaste psalm, word ons weereens daaraan herinner: ‘Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!’ (Psalm 150:6 NLV). Dit beteken dat solank as wat jy lewe en asemhaal, moet jy die Here loof. Wat jy dus ook al vandag doen, of nalaat om te doen, maak seker dat jy die Here loof.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min