AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, sê die huidige bek-en-klouseer-uitbreking is 'n ernstige bedreiging vir biosekerheid en plaas boere onder finansiële druk. Hy verwelkom die rampverklaring, maar beklemtoon die sentralisering van entstowwe moet doeltreffende optrede meebring. Kotzé het dringende korttermynmaatreëls uiteengesit, insluitend om entstowwe uit Argentinië, Turkye en Botswana in…
Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het tydens die 39ste Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba, Afrika-leiers aangespoor om van 'n basiese eenheid na 'n werkende soewereiniteit te beweeg. Ahmed het selfstandigheid, ekonomiese en tegnologiese eienaarskap, sowel as proaktiewe wêreldwye betrokkenheid beklemtoon. Hy het ook verwys na Afrika se behoefte aan 'n…
Burundi het op die Afrika-Unie se 39ste beraad in Addis Abeba, die voorsitterskap vir 2026 oorgeneem. Burundi se president, Évariste Ndayishimiye, volg João Lourenço van Angola op. Ghana se president, John Dramani Mahama, is tot eerste ondervoorsitter verkies. Ndayishimiye het toegewyde diens aan Afrika met sy uiteenlopendheid belowe asook as…
Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het tydens die gedenkdiens van wyle aanklaer Justine Shiweda die naweek opnuut die belangrikheid van regsamptenare se veiligheid beklemtoon. Shiweda het verlede naweek in ‘n hospitaal in Windhoek beswyk aan wonde wat sy tydens ‘n aanval in Oktober opgedoen het. Shikongo…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor toenemende konflik en onbestendigheid op die vasteland. Ramaphosa het Afrika-leiers by die Afrika-Unie toegespreek en sy verbintenis tot Agenda 2063 herbevestig. Hy bepleit dringende politieke betrokkenheid wat weens ongrondwetlike regeringsveranderings in sekere lande verbied is. Ramaphosa versoek wapenstilstande en inklusiewe dialoog…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.