Jou weer: Droog en warm, droog en koel, en donderstorms

Loading player...
‘n Mengelmoes van weer wag op Namibië vandeesweek. Olga Tjiueza van die Meteorologiese Diens het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê 'n hoëdrukstelsel gaan koeler lug na die Suide bring, terwyl tropiese vog in die Noorde geïsoleerde donderstorms kan veroorsaak. Temperature styg tot 37 grade Celsius op Rundu, 36 op Katima Mulilo en 26 op Lüderitz.
5 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nóg sewe by binnelandse sake in SA afgedank

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê 'n verdere sewe amptenare is afgedank, wat die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan bring. Die departement het ook 16 nuwe skorsings uitgereik as deel van voortgesette tugstappe in verband met bevindinge deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy sê 75 van…
26 Apr 4AM 1 min

Lamola dring aan op oplossing in Lungu-begrafnisgeskil

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Zambiese regering en voormalige president Edgar Lungu se familie versoek om hul begrafnisgeskil vriendskaplik buite die hof te skik. Die dooiepunt duur al meer as tien maande na Lungu se dood in Pretoria in Junie 2025. Lamola het aan…
26 Apr 4AM 1 min

EV-laaistasies moet geregistreer wees

Stad Windhoek het aangekondig dat die registrasie van laaistasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is, om effektiewe lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die 3,7 kilowatt kapasiteit van 'n standaard huishoudelike sok oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer…
26 Apr 2AM 1 min

Trump na veiligheid gehaas ná skietery by dinee

President Donald Trump en eerste dame Melania Trump is Saterdagaand inderhaas deur geheime diensagente uit die Withuis-korrespondentevereniging se dinee geneem, ná 'n man met 'n haelgeweer probeer het om die lokaal binne te kom. Die gewapende man het op 'n lid van die geheime diens geskiet wat nie beseer is…
26 Apr 1AM 1 min

Kenner gee raad oor boskos

Die winter kruip nader en aandag verskuif na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Boere en bewaringsbewustes dink aan hoe die winter wild en vee beïnvloed, en of natuurlike voedselbronne genoeg is om hulle deur die koue maande te help. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
26 Apr 12AM 1 min