
SA kyk na strenger strawwe vir dronkbestuur
Loading player...
Die vervoerministerie gaan begin met die wysiging van Artikel 65 van die Nasionale Padverkeerswet om strenger strawwe vir dronkbestuur in te stel. Minister Barbara Creecy het tydens die aanbieding van die padveiligheidsverslag gesê padsterftes bly 'n nasionale skande, ondanks 'n daling van vyf-persent in sterftes. Sy beklemtoon spoed en dronkbestuur is die hoofoorsake van ongelukke en sê wette wat drink en bestuur toelaat moet geskrap word:

