
Namibiese besighede kan baat by jeugontwikkelingskema
Loading player...
Die Khomas-streeksraad is die gasheer van die inligtingsessie vir geleenthede vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Een van die gesprekke wat gevoer word is oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma, het ook oor die geleentheid vir besighede ingevolge die jeugontwikkelingskema gepraat. Hy herinner weereens besighede dat die skema steeds oop is vir Namibiese besighede.

