BoN se bankfooie-verslag gee finansiële inlsuiting 'n hupstoot

Loading player...
Die Bank van Namibië het sy Desember 2025 verslag oor bankfooie en -koste vrygestel, 'n stap wat daarop gemik is om deursigtigheid te verbeter en verbruikers te help om beter te verstaan wat hulle vir finansiële dienste betaal. Die verslag kom namate regulatoriese hervormings en markwye fooi-aanpassings in werking tree, wat op meer bekostigbare en toeganklike bankdienste vir alle Namibiërs gemik is. Kosmos 94.1 Nuus het met Naufiku Hamunime, die adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasie by die sentrale bank, gepraat:
15 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiese besighede kan baat by jeugontwikkelingskema

Die Khomas-streeksraad is die gasheer van die inligtingsessie vir geleenthede vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Een van die gesprekke wat gevoer word is oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma, het ook oor die geleentheid vir besighede ingevolge die jeugontwikkelingskema gepraat. Hy herinner weereens…
30 Jun 8AM 1 min

Reuseverlagings in brandstofprys in SA

Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, het aangekondig reuse-brandstofprysverlagings tree om middernag in werking. Die prys van 93-oktaan loodvrye petrol sal met twee-rand-een-sent per liter daal en 95-oktaan petrol met een-rand-96-sent per liter. Die departement se woordvoerder, Lerato Ntsoko, sê dieselpryse daal met tussen drie-rand-14- en drie-rand-59-sent per…
30 Jun 8AM 1 min

Cosatu het kommer oor 600 NVG-vakatures

Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte van 'n tekort aan aanklaers by die Nasionale Vervolgingsgesag. Die NVG het winsgewende vroeë aftree-ooreenkomste met senior aanklaers aangegaan, wat gelei het tot die vertrek van minstens 47 ervare vervolgers einde April. Matthew Parks van Cosatu sê die geraamde vakaturekoers van tot 600…
30 Jun 6AM 1 min

Burnham moet eers prioriteite identifiseer, voor aanstellings

Jim O'Neill, 'n prominente Britse ekonoom, en voormalige hoofekonoom van Goldman Sachs, dien as Andy Burnham se ekonomiese adviseur. Burnham het Maandagaand groot beloftes gemaak maar O'Neill sê hy moet eers sy prioriteite definieer voor hy enige aanstellings maak, nog minder sy minister van finansies.
30 Jun 6AM 1 min