Dagbesoeke aan Kruger-wildtuin opgeskort weens reën

Loading player...
SANParke het dagbesoeke aan die Kruger-wildtuin tydelik opgeskort weens swaar en aanhoudende reën in Limpopo en Mpumalanga. Die besluit is geneem om te fokus op veiligheid en noodreaksie, met die Letaba-ruskamp wat personeel en gaste ontruim het nadat die Letaba-rivier afgekom het. Die Phalaborwa-hek is ook gesluit, wat toegang tot die noordelike dele van die park beperk. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die situasie word noukeurig gemonitor:
15 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min