CAN is vandag en môre aan die kus

Loading player...
Die Kankervereniging van Namibië het sy Nasionale Kankeruitreikprogram vir die Erongo-streek by die Erongo-sentrum van stapel gestuur. Die program bring kankersifting, diagnose, pasiëntondersteuning en vroeër toegang tot behandeling nader aan gemeenskappe. Uitreikklinieke sal vandag in Kuisebmund en Donderdag in Hentiesbaai gehou word, voordat die program volgende week na die Hardap-streek verskuif met beplande besoeke aan Rehoboth, Stampriet, Aranos en Kalkrand. Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
21 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe hervestigingsbeleid spreek nie onproduktiewe plase aan nie

Reaksie word ontvang van die Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid 2023–2033 wat as 'n belangrike mylpaal in Namibië se grondhervormingsprogram beskryf word. Volgens landbouminister, Inge Zaamwani, sal die hersiene beleidsraamwerk reageer op uitdagings soos klimaatsverandering, die toenemende vraag na grond, jeugwerkloosheid en die behoefte om landbouproduktiwiteit te verbeter. Politici lewer kritiek en…
29 Jun 11PM 1 min

Burgerlike groep Sanco ondersteun klagtes oor immigrante

Die Suid-Afrikaanse nasionale burgerorganisasie, Sanco, sê hulle ondersteun gemeenskapsbekommernisse oor onwettige immigrasie en beweer dit beïnvloed werksgeleenthede, klein sakeondernemings, veiligheid en basiese dienste. Dit volg nadat groepe teen onwettige migrasie, insluitend March and March, na verwagting vandag optogte teen onwettige immigrante sal lei, met protesoptogte wat in verskeie dorpe verwag…
29 Jun 11PM 1 min

Die Dag Wat Was, 29 Junie 2026

Welkom by die Die Dag Wat Was, waar jy 'n oorsig kry van die belangrikste nuusgebeure, plaaslik en buite ons grense. As jy dalk 'n bullie misgeloop het deur die loop van die dag, gaan jy op die uur die hoofpunte kan volg. Daar is iets van alles, van die varsste nuus uit die howe tot die politiek en wyer. En soos gewoonlik kry jy dit net op een plek, en dis Kosmos 94.1! 
29 Jun 1PM 4 min

Regering verskerp beskerming van mariene hulpbronne

Namibië verskerp pogings om sy mariene hulpbronne te beskerm en internasionale samewerking in visserye en bewaring te versterk. Die minister van inligting, Emma Theofelus, sê die kabinet het 'n nuwe memorandum van ooreenkoms met Spanje goedgekeur om mariene navorsing, visserybestuur en kapasiteitsbou te bevorder. Die kabinet het ook Namibië se…
29 Jun 11AM 1 min

Madlanga-kommissie krap kop ná Khan-skietvoorval

Die Madlanga-kommissie gaan die senior misdaadintelligensie-offisier Feroz Khan se regsverteenwoordigers raadpleeg voor hulle besluit oor die pad vorentoe, nadat hy Sondagaand 'n skietvoorval oorleef het. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Khan sal nie soos geskeduleer verskyn nie, terwyl die kommissie die uitwerking daarvan op sy program beoordeel. Hy beklemtoon die kommissie…
29 Jun 11AM 1 min