
Nuwe hervestigingsbeleid spreek nie onproduktiewe plase aan nie
Loading player...
Reaksie word ontvang van die Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid 2023–2033 wat as 'n belangrike mylpaal in Namibië se grondhervormingsprogram beskryf word. Volgens landbouminister, Inge Zaamwani, sal die hersiene beleidsraamwerk reageer op uitdagings soos klimaatsverandering, die toenemende vraag na grond, jeugwerkloosheid en die behoefte om landbouproduktiwiteit te verbeter. Politici lewer kritiek en meen die bestuur van die plase sal nie onder die beleid verbeter nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se LP, Eneas Emvula gepraat.

