Weermagoefening was Brics-oefening - Mbalula

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Suid-Afrika se deelname aan die omstrede Brics-vlootoefening, waarby Iran ook betrokke was, verdedig. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, gaan ondersoek laat instel ná berigte dat die Suid-Afrikaanse Vloot president Cyril Ramaphosa se opdrag dat Iran onttrek, geïgnoreer het. Rusland en China het ook aan die vlootoefeninge deelgeneem. Mbalula het aan die SABC gesê Suid-Afrika se optrede het nie diplomatieke of sekerheidsprosedures geskend nie:
21 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min