Woord vir Vandag - 1 Feb 2026

Loading player...
“Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” Psalm 90:12 NLKV
Hou jou prioriteite reg
Toe hy die veldtogbestuurder vir president George Bush en voorsitter van die Republikeinse Nasionale Komitee geword het, het Lee Atwater die twee dinge gedoen wat hy teen die ouderdom van veertig wou bereik. Hy is egter toe met ‘n kwaadaardige breingewas gediagnoseer. Kort voor sy dood het hy hierdie ontnugterende woorde geskryf: ‘Ek het meer rykdom, mag en aansien as die meeste ander mense verkry. ‘n Mens kan egter alles kry wat jy wil hê en steeds leeg voel. Wat sou ek nie alles verruil het vir ‘n bietjie meer tyd saam met my familie nie? Watter prys sou ek nie betaal vir nog ‘n aand saam met vriende nie? Dit het ‘n dodelike siekte geverg voordat ek hierdie les geleer het. Ek lê hier in my slaapkamer, my gesig geswel van steroïede, my liggaam nutteloos. Die dokters wil steeds nie my kwellende vraag beantwoord nie: hoe lank het ek oor? Sommige nagte kan ek nie aan die slaap raak nie, so bang is ek dat ek nooit weer sal wakker word nie. Ek het ‘n lang pad gekom sedert die dag toe ek vir president Bush gesê het dat sy ‘vriendeliker, sagter’-aanslag ‘n mooi idee is, maar dat dit ons geen stemme sou wen nie. Ek het altyd vir die president gesê dat hy maar vriendeliker en sagter kan wees, maar ek sou nie so wees nie. Hoe verkeerd was ek nie. Daar is niks belangriker in die lewe as verhoudings nie en niks soeter as menslike aanraking nie.’ As jy wys is, sal jou prioriteite in die lewe God eerste, jou familie tweede en jou loopbaan derde wees. ‘Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min