Woord vir Vandag - 5 Feb 2026

Loading player...
Donderdag 5 Februarie
“…sonder om julle met iemand anders te vergelyk.” Galasiërs 6:4 NLV
Moenie jouself met ander vergelyk nie
Paulus het geskryf: ‘Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen’ (verse 4-5 NLV). Jesus het hierop aangedring. Na sy opstanding het Jesus aan sommige van sy volgelinge verskyn. Hy het Petrus ‘n spesifieke opdrag gegee wat groot opoffering ingesluit het. Petrus het gereageer deur na Johannes te wys en te vra: ‘...’Wat van hom, Here?’ Jesus reageer daarop: ‘As Ek wil hê dat hy moet bly leef totdat Ek terugkeer, wat het dit met jou te doen? Volg jy net vir My!’’ (Johannes 21:21-22 NLV). Met ander woorde, bly op jou eie opdrag gefokus. ‘n Seuntjie met die naam Adam wou soos sy vriend Bobby wees. Adam was mal oor hoe Bobby geloop en gepraat het. Bobby wou egter soos Charlie wees. Iets omtrent Charlie se tred en aksent het hom gefassineer. Charlie, aan die ander kant, was beïndruk met Danny. Charlie wou soos hy lyk en klink. Danny het egter ook ‘n held gehad: Adam. Hy wou net soos Adam wees. So, Adam het Bobby nageboots, wat Charlie nageboots het, wat Danny nageboots het, wat Adam nageboots het. Dit blyk dat al wat Adam moes doen, was om homself te wees! Jy kan by ander mense leer, maar jy kan slegs vreugde en vervulling in wie God jou geskape het om te wees, vind. Bly dus in jou eie baan. Hardloop jou eie wedloop. God sal jou nie volgens die talente van ander evalueer en beloon nie, maar volgens hoe getrou jy met die gawes wat Hy jou gegee het, was. Jy is nie verantwoordelik vir die aard van jou gawes nie, maar vir hoe jy dit gebruik.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min