Woord vir Vandag - 7 Feb 2026

Loading player...
“God het na sy handewerk gekyk en dit was goed in elke opsig…” Genesis 1:31 NLV
Wees optimisties (1)
Helen Keller het voor die ouderdom van twee haar sig en gehoor verloor. In ‘n oomblik het haar wêreld donker en stil geword. Later het ‘n onderwyseres genaamd Anne Sullivan egter deur Helen se eensame opsluiting gebreek en haar siel aangeraak. Helen het gevolglik die eerste dowe/blinde persoon geword wat ‘n baccalaureusgraad verwerf het. Sy het ook ‘n dosyn boeke geskryf, insluitend ‘n manifes oor haar lewensfilosofie, getiteld ‘Optimism’. ‘Geen pessimis het al ooit die sterre se geheime ontdek,’ het sy geskryf, ‘of na ‘n onbekende land geseil nie.’ Die laaste bladsy van haar boek weerspieël die eerste bladsy van die Skrif: ‘Optimisme is die mens se gees en die gees van God wat in harmonie sy werke in elke opsig goed verklaar.’ As God se Gees binne-in jou is, is optimisme aan die orde van die dag. Optimisme is nie in stryd met die werklikheid rondom ons nie. Dit beteken eenvoudig dat ons in ‘n ander werklikheid geanker is - die kruisiging en opstanding van Jesus Christus - wat dieper en sterker en langer as die werklikheid wat ons met ons vyf sintuie kan waarneem, is. Helen Keller het bewys dat selfs die moeilikste omstandighede jou nie kan definieer wanneer jy ‘n optimistiese gees het nie. Selfs al kan jy nie jou omstandighede verander nie, kan jy dit oorkom. Dit is hoekom sy gesê het: ‘Die enigste ding wat erger is as om blind te wees, is om sig te hê, maar geen visie nie.’ Of soos Paulus dit gestel het: ‘Ten slotte, liewe broers en susters, beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is’ (Filippense 4:8 NLV). Met ander woorde, wees optimisties.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min