Woord vir Vandag - 8 Feb 2026

Loading player...
“…In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.” Johannes 16:33 NLV
Wees optimisties (2)
Die omstandighede waarin jy jouself bevind, hoef jou nie te definieer of te verslaan nie. Selfs al kan jy nie jou omstandighede verander nie, kan jy dit oorkom. George Bernard Shaw het geskryf: ‘Mense blameer altyd teëspoed op hul omstandighede. Ek glo nie aan omstandighede nie. Die mense wat in hierdie wêreld vooruitboer, is die mense wat opstaan en soek na die omstandighede wat hulle wil hê en as hulle dit nie kan vind nie, skep hulle dit.’ Ons begin twyfel wanneer ons toelaat dat ons omstandighede bepaal hoe ons voel en wat ons glo. Wanneer ons toelaat dat ons omstandighede tussen ons en God kom, skep dit ‘n rookskerm van twyfel. Geloof is om die beloftes van God tussen jou en jou omstandighede te plaas. Dit beteken nie dat jy die werklikheid ontken nie. Dit beteken eenvoudig dat jy in kontak met ‘n groter werklikheid is - een wat meer werklik is as dit wat jy kan aanraak of proe of sien of hoor of voel of ruik. Jesus was ‘n realis: ‘…In die wêreld sal julle swaarkry beleef…’ Hy was egter ook ‘n optimis: ‘…maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.’ Ons optimisme word in die leë graf geanker. Indien Jesus uit die graf opgestaan het - en Hy het - is daar nie ‘n probleem wat Hy nie kan oplos nie. Jy moet dus begin leef asof jy glo dat dit waar is. Daar is sewe beloftes in die boek Openbaring wat met dieselfde frase begin: ‘Elkeen wat oorwin.’ Dit herinner ons aan ons ware identiteit. Ons is nie net oorwinnaars nie; ons is meer as oorwinnaars!
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min